Vensterplant

Fenestraria aurantiaca

’n Sukkulent wat net 50 mm hoog raak. Die plantjie vorm plat kussinkies wat tot 100 mm in deursnee is.

Die blare is grysgroen. Die goudgeel blomme verskyn in die somer.

Die plantjie kom voor in die omgewing van Port Nolloth.

Elke blaarpunt van hierdie genus het ’n deurskynende kol. Wanneer die plant amper in die sand begrawe is laat die kolle genoeg sonlig deur na die chlorofilhoudende weefsels in die blaar.

Lewer kommentaar

Leave a Reply