Felicia amelloides
Die bloumagriet kom wyd voor in die Wes-Kaap. Dit is ’n bosagtige struik wat tot ’n meter hoog en wyd word. Dit groei goed in son of halfskadu.
Die blomme is blou met geel helms. Dit word dwarsdeur die jaar gedra, maar is veral welig in die lente.
Die bloumagriet plant maklik voort deur saad of steggies.
(foto: George Jansoone)