Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Hoekom het die rubber-hoender oor die pad gestap?
Om sy bene te rek, natuurlik.

en

Hoekom het die kougom oor die pad gestap?
Omdat dit aan die hoender se voet vas was.”

en

‘n Hoender en ‘n eier het seks. Na die tyd lyk die hoender baie bedruk en steek ‘n sigaret op.
“Wat is verkeerd?” vra die eier.
“Jy was eerste.” antwoord die hoender.

en

Hoekom het die hoender oor die straat geloop?
Alan Boesak: Hoe kan die motiewe bevraagteken word van ´n hoender wat so baie gedoen het vir hoenderskap? Dis ´n sameswering!
Desmond Tutu: Ons moes die pad saam met die hoender oorgesteek het. Saam sal ons ´n verskil kan maak.
Dullah Omar: Die hoender het nie geweet wat hy doen nie. Hy het gedoen wat hy gedoen het weens apartheid.
Eugene Terre’Blanche: Daai hoender gaan nog die tier in die Afrikaner wakker maak.
Naas Botha: Aan die ou einde van die dag maak dit nie saak hoeveel keer hy oor die straat is nie. Wat saak maak is die telbord.
Nataniël: Ek was verskriklik op my nerves vir sy part tot hy aan die anderkant gekom het. Dit was stunning.
Nelson Mandela: Dit was sy lang pad na vryheid

en

Hoekom het hane nie hande nie?
Want henne het nie pramme nie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar