Vleisalie

Iboza riparia

Die vleisalie groei maklik van steggies en word tot 2 meter of hoër. Die blomme is ligpers of wit en verskyn in die winter en lente. Die blomme word in groot pluime aan kaal takke gedra. Snoei die struik deeglik na blomtyd.

Dit is ’n aanpasbare plant wat in omtrent enige omstandighede groei.

Lewer kommentaar

Leave a Reply