(Dolla se eerste aanlynvertoning vir die girrrrls, maar die mans mag ook maar loer.)
2020: Die jaar wat Dolla aankondig sy tree uit. Dis die jaar wat Dolla moes flerrie van fees tot fees, dorpie na dorpie en verhoog tot verhoog. Dis toe die jaar wat ‘n stupid Chinese virus sê: Hokaai, stop die lorrie! Kwarantyn toe met jou, Dolla. En hel, die kwarantyn raak nou lank, daai virus is wraggies sterk. Ek het altyd gedink, alles made in China, breek maklik, want dis mos cheap. Cheap se alie, dis duur lesse wat ons nou leer. Dit dryf Dolla na drank … wat ek natuurlik nie opgestock gehad het nie. Dankie mev. Zumpies.
Dolla wil graag vrouemaand afsluit met ‘n boodskap vir die girls. Die geld knyp, jou corona-rolletjie word deur jou jean geknyp, Jy het jou kind al geknyp, nou knyp die skuldgevoel. Gelukkig knyp jou man darem nie die kat in die donker nie, want hy het ‘n curfew. Nie omdat jy op sy kop sit nie. Nee, danksy ons leiers wat hulle oë toeknyp “with immediate effect”.
Hoekom skree Dolla steeds Cheslin!? Sy sal jou sê, as jy ‘n kaartjie koop by Webtickets en dan kom skree jy sommer saam met haar!
En die kaartjies is op special price R99.
27 Augustus – 2 September 19h00 (24/7 elke dag)
Bespreek by Webtickets.

