Lachenalia bulbifera
Rooiviooltjies is inheemse plantjies wat in die Suidwes-Kaap voorkom. Die plantjie word 300 mm hoog en dra hangende, koraalrooi blommetjies met groen en pers punte. Die blommetjies is rooi en geel.
Die blomare word tot 150 mm lank en verskyn in die lente en winter.
(foto: Andrew Massyn)

