Kalanchoe waldheimii
Die spookplant groei natuurlik in Suid-Afrika en Madagaskar. As jy hulle buite wil plant moet jy verkieslik in ’n rypvrye area woon. Anders plant jy hulle in ’n pot. Hulle vaar goed op stoepe en warm beskutte patio’s. Dit plant maklik voort deur steggies.
Die plant het blougroen blare en hangende oranjerooi blomme.