Die grendels begin afval, MAAR die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis, Eskom se volgende reddingspakket is ‘n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ‘n lang kuier, …wat alles beteken Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

Dowwe Dolla Nou of Nooit met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall op clavier.

Teks/Lirieke en regie is behartig deur Jurgen Human en die musiekverwerking deur Coenraad Rall.

By Die Boer restaurant teater in Durbanville – 8-10 Oktober 2020 om 20:30 en Sondag 11 Oktober 2020 om 13:30.  Kaartjies kos R165 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Sitplekke beperk a.g.v. Covid 19.

Dowwe Dolla, fotograaf Robert Hamblin

Lewer kommentaar

Leave a Reply