Die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis. Eskom se volgende reddingspakket is ’n geskenkpakkie met Blitz en Charcoal daarin. Woolies verkoop hiëna-vriendelike
heuning.
Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ’n uitgerekte kuier … wat sekerlik beteken Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, nou of nooit!
Debuut
Met: Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall
Teks: Jurgen Human
Verhoogbestuur: Mariska Meyer
Musiekregie: Coenraad Rall
Vervaardiger: Arena Produksiehuis
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R150
Plek: Totius Saal, Potchefstroom
Datum: 24 Sept 16:00, 25 Sept 20:00, 26 Sept 12:00, 27 Sept 14:00, 28 Sept 15:00
