Bottelpalm

Hyophorbe lagenicaulis / Mascarena lagenicaulis

Daar is vyf soorte in die genus palms wat in Madagaskar en omliggende eilande voorkom. Die bottelpalm kom net in Mauritius voor.

Hulle is net geskik om buite te staan in warm areas. Die stamme is geswolle aan die basis en loop spits na bo waar die groot, stewige, geboë blare gedra word.

Die bottelpalm word tot 4 m hoog en die blare word tot 2 m lank.

Lewer kommentaar

Leave a Reply