‘n Man ontmoet ‘n beeldskone blondine en is dadelik verlief op haar.
Hy vra ook sommer dieselfde dag vir haar hand.

Sy sê, “Maar ons ken mekaar dan glad nie!”
Hy sê, “Ons sal mekaar mettertyd leer ken.”

Sy stem toe in en hulle is dadelik getroud en vertrek toe op hulle wittebrood.

Een oggend, terwyl die twee langs die swembad ontspan, staan die man op en klim tot op die hoogste punt van die duikplank. Hy duik daar af en voor hy die water tref voer hy verskeie moeilike bewegings uit. Die patroon herhaal homself met die man wat werklik die gaste in vervoering bring met sy aanskoulike duike.

Hy kom lê weer op sy handdoek en sy nuwe bruidjie sê, “Dit was ongelooflik, waar het jy dit geleer doen?”

“Ek is ‘n Olimpiese duikkampioen,” sê hy, “ek het jou mos beloof ons sal mekaar steeds beter leer ken.”

Sy bruidjie spring in die swembad en swem sonder die geringste inspanning 50 keer heen en weer deur die swembad en toe sy weer kom lê, is sy nie eens moeg nie.

prostituut-bruid“Sjoe,” sê die man, “is jy ‘n Olimpiese swemmer?”

“Nee,” sê sy, “Ek is ‘n prostituut in Vereeniging, maar ek werk aan albei kante van die Vaaldam!”

(Oorspronklik gepubliseer 28 Oktober 2010)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply