Kniphofia praecox
Hierdie wortelstok-meerjarige plante verkies vrugbare, dreineerbare grond en baie water.
Die blomme word in vuurpylagtige trosse aan lang, stewige bloeistele gedra. Die blomknoppe is aanvanklik oranje maar raak geel as hulle oopgaan.
Die blare is bandvormig en ietwat grasagtig.
Vuurpyle kom algemeen voor in die Suidwes-Kaap.

