Kruidjie-roer-my-nie

Die blomme van die kruidjie-roer-my-nie is roesrooi en verskyn aan groot are. Na die blomme verskyn die “opgeblaasde” vrugte. Die blare het ’n onaangename reuk as dit gevryf word, vandaar die plant se naam. Dit is welige taai plante.

Melianthus major is ’n groot struik van tot 3 meter hoog word. Die plant kom wyd oor die Wes- en Suid-Kaap voor.

Melianthus minor is kleiner en word net tot 1 meter hoog. Dit kom voor in die Suidwes-Kaap en Namakwaland.

Foto: Stefano Bolognini, 2008

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. How do u remove the stains that the fluid from this plant cause when it gets onto clothing?

Lewer kommentaar

Leave a Reply