Helene Bester sing Nana Mouskouri word spesiaal vir Moedersdag op Sondag, 9 Mei om 12:00 by Fabu-leaux in Springs aangebied.  Die dag se verrigtinge skop met ‘n heerlike driegangmaaltyd om 12:00 af.  Nadat daar heerlik gekuier is, kom die produksie aan die beurt. Jy kan bespreek by iTickets.

Dit was vir Helenè ‘n opwindende besluit om hulde te bring aan Nana Mouskouri. “Nana is vandag nog net so gewild omdat mense, van my ouderdom, ook na haar musiek geluister het.  Ons laat haar musiek voortleef. Sy het 300 miljoen plate verkoop en kan vyf tale praat en sing. Dit maak dat sy in soveel lande superbekend is,” sê Helenè. “Sy is ‘n liefling onder haar aanhangers, sy’s nederig en spring nie op-en-af om haar musiek aan jou bekend te maak nie. Sy het bekende “songs” nóg bekender gemaak en treffers gemaak van elke lied wat sy opgeneem het, bv. ‘Cucurrucucu’, ‘Only love’, ‘White Rose of Athens’ ens.”

Wen ’n dubbelkaartjie na Helene Bester sing Nana Mouskouri

Een leser kan ‘n dubbelkaartjie wen na Helene Bester se huldeblyk aan Nana Mouskouri op Moedersdag in Springs om 12h00.  Om deel te neem aan Roekeloos.co.za en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: LEFRA NANA ROEKELOOS, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP.  Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com met LEFRA & ROEKELOOS NANA KOMPETISIE as onderwerp.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die organiseerder is finaal.  SMS’e kos R1,50 elk.

Lewer kommentaar

Leave a Reply