In hierdie nuwe vertoning kombineer Schalk Bezuidenhout stand-up komedie met oorspronklike liedjies. Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs ‘n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Of sing hy regtig sleg? Schalk deel die verhoog met die talentvolle musikant Wesley van der Westhuizen van Johannesburg.

O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ‘n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!

Drostdy Boutique Teater, Stellenbosch

Vrydag, 27 Mei 2021 – 20:15

Saterdag, 28 Mei 2021 – 20:15

Schalk sing sleg

Lewer kommentaar

Leave a Reply