Lithops lesliei
Hierdie is ’n groot genus klein sukkulente wat gewoonlik soos klippe lyk. Hulle kom hoofsaaklik voor in Namakwaland, Namibië en ander droë streke. Hulle aard slegs in tuine in droë streke, anders moet jy hulle in houers op stoepe of in sonnige vensterbanke hou. Hulle hou van grond wat ten minste 50% uit growwe sand of gruis bestaan.
Sommige soorte sprei oortyd uit om digte groepe of polle te vorm. Die toontjie, of beeskloutjie, is een soort wat groepies vorm. Die plant kom natuurlik voor in die droë dele van Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat.
Die blare is grys en persgroen met oranje of roeskleurige merke. Die geel blomme verskyn in die somer.