Blombos

Metalasia muricata

Hierdie inheemse immergroen struik kom wydverspreid voor in Suid-Afrika. Terwyl dit ’n struik is kan die blombos tog boomagtig groei. Dit word tot 4 meter hoog.

Die blare is dofgroen en naaldvormig, maar soms wollerig en grys.

Die heuninggeurige blomme kan dwarsdeur die jaar voorkom, afhangende van die omgewing. Hulle is meesal wit of wit met pienk, rooi of pers.

foto: Paul Venter

Lewer kommentaar

Leave a Reply