Littonia modesta
Die geelklokkie kom voor in die somerreënvalgebiede van Suid-Afrika. Dit is ’n rankplant met slap stingels wat die blare gebruik om te klim. Dit rank tot 2 meter hoog.
Die blomme is goudgeel tot oranje, ongeveer 30 mm lank en verskyn in die somer.
Die plant groei geredelik maklik in enige toestande, van halfskadu tot vol son.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

