(Rhoicissus tomentosa) Die bosdruif is ’n klimplant wat tot 3 meter en hoër rank. Die plant kom natuurlik voor in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.Die druifagtige vruggies verskyn in die herfs en winter. In die winter verkleur die blare rooibruin.Die jong plante verkies komposryke grond en baie water.
Kategorie Argiewe:Struike
Karoogoud / Geelgranaat / Berggranaat
Rhigozum obovatum’n Struik met klein blougroen blaartjies. Dit word tot 3 meter hoog. Die goudgeel blomme verskyn in die lente en vroeë somer.Die plant is redelik bestand teen droogte en ryp.
Spekboom
Portulacaria afraDie spekboom groei wild in die droë dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo.Dit raak ’n groot immergroen struik wat tot 4 meter hoog kan groei. Dit het klein, ronde, vlesige blare wat op rooi stingels gedra word. Klein pienk blommetjies verskyn in digte skerms in die somer. Voortplanting is deur steggies.(foto: Juan …
Bloukappie
Polygala myrtifoliaDie bloukappie is ’n vinnig groeiende, immergroen struik. Hulle is taai en groei in meeste grondsoorte. Hulle moet egter gereeld water kry. Die plant raak tot 3 meter hoog. Die blomme is rooipers en verskyn gereeld.
Keur / Ertjiebos
Podalyria calyptrateDie ertjiebos is ’n groot struik wat tot 2 meter hoog raak. Indien jy dit sny om ’n boom te vorm kan dit tot 4 meter hoog groei.Die blare is grysgroen en die blomme pienk tot ligpers. Die blomme verskyn in die laatwinter en lente.
Stoepjakaranda
Plectranthus saccatusDie stoepjakaranda is ’n klein struikie wat ’n uitstekende dekplant is. Dit het klein liggroen blare met pers blomme wat in die somer verskyn.Die stoepjakaranda kom voor in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Veerkoppie
Phylica plumoseDie veerkoppie is ’n immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap voorkom. Die plant blom in die winter met groot, veeragtige, groengeel blomhofies.
Kaapse foksia
Phygelius capensisDie Kaapse foksia kom voor in die somerreëngebiede van Suid-Afrika. Hulle groei gewoonlik naby standhoudende water in die skadu. Dié meerjarige plant word tot 1 meter hoog. Die rooi blomme verskyn in die somer.
Rooisewejaartjie
Phaenocoma proliferaDie rooisewejaartjie is die enigste plant in hierdie genus. Dit is inheems aan die Suidwes-Kaap.Dit is ’n immergroen struik wat tot 1 meter hoog raak. Die donkerpienk of wit blomme word aan die punte van die takke gedra.Die plant hou van vol son en grond wat maklik dreineer. Dit moet in die winter water …
Stinkkruid / Knoppies-stinkkruid
Pentzia grandiflora’n Los vertakte eenjarige wat tot 400 mm hoog word. Die fyn blare is baie aromaties. Die bolvormige geel blommetjies verskyn in die lente.Stinkkruid kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap en Namakwaland.
