(Rhoicissus tomentosa)
Die bosdruif is ’n klimplant wat tot 3 meter en hoër rank. Die plant kom natuurlik voor in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.
Die druifagtige vruggies verskyn in die herfs en winter. In die winter verkleur die blare rooibruin.
Die jong plante verkies komposryke grond en baie water.
