In September 2022 sal dit 20 jaar wees sedert Die Melktert Kommissie die eerste Rockspaaider kompetisie gewen het.
Om dit behoorlik te vier het die groep besluit om spesiale vertonings reg deur 2022 te doen.
“Die Melktert Kommissie was van die eerste optrede af in 2002 een van die grootste vreugdes van my lewe. Dit voel net reg om dit behoorlik te vier met ‘n klomp shows hierdie jaar,” sê Lucinda Rosa Neethling (lead vocals en akoestiese kitaar).
Opkomende shows:
25 – 27 Maart: Gifberg Spook Fees
Kaartjies beskikbaar by Quicket
Vir meer inligting besoek die fees se Facebook blad.
1 en 2 April: Die Boer, Durbanville
Kaartjies: R200
Beskikbaar by www.dieboer.com / 021 979 1911
15 April: Railways Café, Pretoria
16 April: Tertjag show (saam met Klopjag) by Dozi’s Back to the Roots, Hartebeespoortdam
17 April: Café Barcelona (Acoustic Show), Pretoria
Die Melktert Kommissie is ‘n 4-stuk Afrikaanse rock band, oorspronklik van Jeffeysbaai en bestaan uit Lucinda Rosa Neethling (Lead vocals en acoustic guitar), Jean Marie Korff (Electric guitar en backing vocals), Tim van der Westhuizen (Bass guitar) en Jan-Adriaan Korff (Drums en backing vocals). Die band het in 2002 bymekaar gekom vir die eerste Rockspaaider kompetisie wat hul gewen het.
Hul eerste CD Volroom is in Junie 2003 opgeneem en later daardie jaar vrygestel. In April 2005 het hulle besluit om “Die Melktert Kommissie” as ‘n professie op te neem en om voltyds te toer en bemark en het selfs ‘n draai in Londen gaan maak. Daar was twee musiekvideos gemaak van snitte op die album naamlik: Tiener en Sticks and Stones.
Die tweede album, Wonderwoorde was in November 2005 opgeneem en vroeg in 2006 vrygestel. Die ontvangs van die nuwe album was baie goed deur die publiek sowel as die media. Hulle het die land platgetoer en rekord verkope gehad. Drie musiekvideos van snitte op die album het gevolg: Hier’s ek weer, My engel en Proudly South African.
Nominasies na Wonderwoorde se vrystelling sluit in ‘n Kanna nominasie vir hul Wonderwoorde produksie by KKNK en by die MK Awards vir Beste Rock Groep.
Middel 2007 het Die Melktert Kommissie hul derde album Vergewe en Vergeet opgeneem. Twee musiekvideos Mr Jealousy en Pronk is vanaf die album gemaak. Die snit Pronk is ook gebruik op die klankbaan vir die Afrikaanse film, Bakgat!.
Aan die einde van 2009 het DMK hul vertonings begin afskaal voordat hulle aangekondig het dat die groep ‘n break gaan neem. Drie jaar later het die groep weer begin optree, en tree steeds aan en af op. Drie van die lede woon tans in Kaapstad terwyl een in Johannesburg woon. Die Melktert Kommissie het ook twee nuwe liedjies in 2019 vrygestel, naamlik Weier en Irrelevant.

