Osteospermum ecklonis
Die Sondagsriviermadeliefie is ’n immergroen meerjarige struik wat tot 600 mm hoog word. Vanaf die vroeë lente tot in die somer verskyn daar groot, blinkwit madeliefieblomme. Hulle saai hulle self en groei in vol son of halfskadu.

