“Wat word van hierdie land as mens nie eens vir die Bokke kan skree soos jy wil nie.” sê Mike.

“Wat bedoel jy?” vra Kallie.

Mike: “Ek was heel bleddie naweek in die tronk, en dit vir rugby kyk!”

Kallie: “O ja, ek het gehoor.”

Mike: “Ek sit daar voor die TV; kyk die rugby; heel onskuldig; skree my longe uit vir die Springbokke. Ek sê jou, ek vloek daai bliksemse Ingelse skeidsregter wat ons Bokke so verneuk, uit volle bors. En daai Aussie dink nog hy gaan druk toe doen ek daai ding wat ek altyd doen, gooi die TV met ’n stuk ys – vir bad luck – vat een snuif brandewyn deur my linker neusgat, en wys vir hom my voël.”

Kallie: “Mike, jy weet jy was in die Spur, nè.”

(Oorspronklik verskyn op 6 Oktober 2011)

Lewer kommentaar

Leave a Reply