Pelargonium cucullatum
Die meeste pelargoniums is inheems aan Suid-Afrika. Die wildemalva kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap. Ons is geneig om hulle te verwar met malvas, vandaar die naam.
Pelargoniums groei maklik in omtrent enige grond, maar verkies effens sanderige grond en vol son. Hulle plant ook maklik voort deur steggies.
Die wildemalva word tot 1 meter hoog, maar mense het al hoër gesien. Die blomme is ligpers met gestreepte kroonblare. Die blomme verskyn in die lente en somer.
Die meeste tuinhibriede van pelargoniums in ontwikkel uit die wildemalva.
(foto: Andrew Massyn)