Elke oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok.

Saggies soen hy nege van die tien henne. Van die tiende hoenderhen pluk hy egter ‘n veer.

So gaan dit aan van dag tot dag … die nege gesoende hoenders is bly en die tiende hoender dra die pyn geduldig.

Maar op die 14de dag het die hoenderhen nou genoeg van hierdie prosedure gehad en sy skree vir die haan: “Jy kom elke oggend breëbors hier ingestap en soen al die nege ander henne, maar by my pluk jy ‘n veer! Wat is jou plan?”

Die haan fluister in haar oor: “Vir jou wil ek kaalgat sien Skattie!”

(Oorspronklik verskyn 20 Oktober 2011.)

Lewer kommentaar

Leave a Reply