Amanda Strydom, die doyenne van die kabaretverhoog, vier haar terugkeer na Die Boer in Durbanville op 14 November 2021 behoorlik met liedjies oud en nuut en grendelstories soos net sy kan vertel. Sy word begelei deur haar pianis, die briljante Coenraad Rall en saam sorg hulle vir ongegrendelde pret, ‘n pleister op jou moeë nerwe en sielsverrykende medisyne.

Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 / aanlyn by www.dieboer.com

Amanda Strydom en Coenraad Rall
Amanda Strydom en Coenraad Rall

Lewer kommentaar

Leave a Reply