Bosbruidsbos

Pavetta lanceolata

’n Bosbruidsbos is taai, maar moet verkieslik aanvanklik in goeie grond geplant word. Dit hou ook van baie water in die somer. Hulle natuurlike omgewing is die tropiese en subtropiese dele van die Oostelike Provinsie, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Die struik word tot 7 meter hoog. Die wit blomme verskyn in die somer, gevolg deur swart bessies in die herfs.

(foto: Jardín Botánico de Barcelona.)

Lewer kommentaar

Leave a Reply