JY, AL DRIE JAAR WEG

Ek mis jou soms in gesprek as ek wegraak en my vinger ys in my glas rondkrap.
Ek mis jou soms in die koffie ring onder die koppie en selfs daai laaste slukkie moer.
Ek mis jou meeste wanneer ek soms vergeet en dis amper die egste mis van als.
Ek mis jou elke keer as branders breek en die honde met wit skuim in hulle bêkke die onthou seer uit braak.
Dan lê dit vir ‘n wyle tot dit spoel saam die laaste slukkie in my glas.

Dan, dan wag ek tot die volgende amper vergeet.
______________________________________________

RAFELS

Ek wonder of is goeie afrikaans skaars geskryf… tunes sonder melodie is ok, die woorde alleen verlei.. Fax masjiene vol ou gedigte wat ophou harte stuur het vir Hillbrow.. moontlik oor hulle tussen treine en stasies verdwaal het… ek weet nie. Dalk het dit gemeng geraak saam letters in ‘n whiskey glas en is leeg gedrink.
Skielik krap en rond in my kas opsoek na my groen trui en levi jeans. Nie een van die twee pas meer maar die nostalgie sit nog in die rafels vas.
Dalk soek ek op verkeerde plek want soms word die goeie dinge skelm in die karoo gesê…Maar dan… nou en dan lees ek iets raak wat my rafels Ok laat voel.
___________________________________________________

INK IS LEEG

My pen is agter vrot gekou vir na iets wat ek soek .
Ek bedel vir almoese.
Sê wat ek probeer dink!
Of maak sin van wat ek sê!
Ek gaan soek nou na daai woorde wat ek op ‘n weskus strand weg gespoeg het het saam my hart. Dalk oor te veel tassenberg & kaas toasties. Of oor ek dalk net my hart wou weg gee “fornuut”. Daar kon ek nog aamborstig woorde skeeu wat sin maak.

__________________________________________________

VERDWAAL

Gooi als wat jy het in ‘n balsak.
Selfs jou “war” medals wat langs ouma se kaggel kakkies gestaan het.
Pawn amper als vir daai wit soetstreep wat jy snort met ‘n wimpy strooitjie. Jou laaste R10 rol het vir die koffie betaal. 
Jy ken van boefkoets en go-cart ry. Jy wat jare lank koevoet was.
Real deal teen vandag se cowboy en crook facebrag clowns.
PtSd staan nie vir “put sonder” nie. Dis dalk die rabbit hole in Alice in wonderland. Die wat weet praat nie en die wat nie weet nie maak iets op.

Nou sit ons en kamera kerk met maskers terwyl jy die N1 dwaal na nêrens.
___________________________________________________

LEER MY DANKBAAR

Jirre, soms is ons nasleep nouliks
Maar as ons doen vra ek langsaam en sê goedkoop dankie in verbygaan.
So asof ek net almoese kry.
Tog, verstom lê ek langs ons kind, U wonder!

My tong afwesig soos ons eerste een.

My dankbaarheid so diep soos ‘n see berg waar dit aldag reën.
Vergewe en hou tog my “dankie”preskripsie vol vir die wat ek soms mis..

Lewer kommentaar

Leave a Reply