“So is dit dan, dit staan sò geskrywe, swart-op-wit, dat ek na afloop van drie uitverkoopte “happenings” ter plaatse, na aapstreke gedurende Oktober in Australië, jou wrintiewaar weer “Die Boer Teater” sal voorsien van ‘n konsert of sorts. Sommer twice. Nugter alleen weet wat hier gaan uitbroei. Veral nie ek nie. Ek try baie hard om elke show die teks te brand. Soos Jazz. Gelukkig op dié kiekie, het ek nog my klere aan. Schalk Joubert het laat hoor hy’s op sy plek neffens my, Albert Frost ongelukkig in Kwazulu-Natal, so who knows? Miskien nooi ek mense van Garies, miskien vier gespikkelde speenvarkies, miskien iemand op ‘n dobro met ‘n bottelnek-kitaar-slide. Soos ‘n Lucky Packet. Punt is, dis waar ek gaan wees daai twee aande. Ek beplan om dit te geniet soos ‘n vetgesmeerde gevreet wat skaaptjoppies met die hand eet. Dis laat in die jaar. Somer. Die glase vol. Kom bederf jouself.” ~Veldmaarskalk NJW Sandilands

Neil Sandilands in Untiteld met Schalk Joubert op baskitaar by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 21 en 22 Nov om 20:30

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply