Gevang skommel

Ek is ´n hoërskoolonderwyser met ´n massiewe probleem. Jy sien, ek is ´n week of wat gelede deur een van my vroulike kollegas gevang waar ek in die toilet geskommel het. Dis ´n unisex badkamer, so mans en vrouens gaan in dieselfde badkamer. Sy het toe vir al die onderwysers, insluitend die skoolhoof in die personeelkamer daarvan vertel, en op een of ander manier het die storie uitgelap na die studente. Ek is nou die “laughing stock” van die skool en die studente wys my handgebare van skommel, selfs die meisies. Hoe gaan ek ooit weer my integriteit terugkry? Jy moet my help.

JS

Ben:

JS,
spring aan die werk en pak die bul by die horings. Konfronteer die situasie voor dit jou onderkry. Om hierdie verleentheid te oorwin sal jy die ongelukkig in die openbaar moet bring. JA, meer as wat dit reeds is.

In die eerste plek sal jy dit openhartig moet hanteer met jou mede personeellede. Gaan doen bietjie navorsing oor oulike kwinkslae waarmee jy vorendag kan kom volgende keer as die onderwerp kop uitsteek. Moet ook nie net wag vir ander om die eerste woord te spreek nie, vind self aansluiting net waar jy die geleentheid kry. Sodra jy goed met die onderwerp omgaan kan jy begin om die fokus ook op jou kollegas te plaas, na alles masturbeer meeste van ons op een of ander stadium.

Sover dit die leerders aanbetref behoort jy dieselfde strategie te volg, ek stel egter voor dat jy dit met die hoof/hoër outoriteit uitklaar hoe ver jy mag gaan in die behandeling van die onderwerp.

Hoop jy kom reg!

Groete

Lewer kommentaar

Leave a Reply