Skommel ek te veel

“Ek skommel nou al vir meer as 10 jaar. Ek het in die verlede verhoudings met meisies gehad en gereeld seks gehad, maar skommel was nog altyd eerste op die lys. Ek het ´n babatjie van 1 jaar oud en wil graag ophou om te skommel. Ek vind dat dit my Baie,Baie,Baie moeg maak en my sekslewe met ´n vrou baie veswak. My water breek sommer in sekondes of terwyl ek nog vry. Ek het regtig raad dringend nodig. By voorbaat dankie.”
Gatvol

Ben:
Gatvol, Om te skommel is ´n natuurlike en gesonde manier om seksuele spanning te verlig. Hoeveel keer mens dit doen hang af van ouderdom, hormonale vlakke en die hoeveelheid stimulasie in jou onmiddelike omgewing. In kort: Hoe jonger en hoe jagser hoe meer gaan jy die riem ruk.
My voorstel aan jou is om jou vrou te betrek by jou skommel. Laat sy die riem ´n paar keer pluk en kyk of jy nie jou patroon kan breek of verander nie.
Ek glo nie jou skommel het veel te doen met die feit dat jy te gou kom nie. Dit klink maar vir my na ´n geval van premature ejakulasie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply