Ek gaan ‘n lang storie kort maak. Ek en my so te sê eks man het 3 jaar voor die tyd saamgebly. Wel, toe die groot dag uiteindelik aanbreek, huweliksklokkies en als, het ALS verander. Ek het met ‘n hele paar mense hieroor gepraat en hulle sê hulle ervaring is dieselfde maar niemand kan regtig sê goed dis wat verander of kyk uit daarna of so nie maar iets verander en dis asof dit die opwinding in die verhouding nogals skade aandoen.
bydrae: M
(adsbygoogle = window.adsbygoogle || []).push({});

Ek en my meisie het 'n kragtige verhouding, ons bly nou al amper 'n jaar saam, ons wil graag trou oor so 2-3 jaar, is dit reg of is dit verkeerd?
Oor die reg en verkeerd van die situasie gaan ek my nie uitlaat nie, want ek is bewus daarvan dat ons in 'n wêreld leef waar persoonlike waardes en norme relatiewe begrippe is. En in Suid-Afrika se multi-kulturele samelewing behoort ons heelwat meer begrip hiervoor te hê.
Redes vir saambly, en later saamslaap (m.a.w. seks voor die huwelik), is legio en so ook die daarteen. Myns insiens hang dit van die persoon af. Ek sou voorstel jy vra jouself: "Voel ek gemaklik met saambly?" Wees eerlik met jouself oor die kwessie. Indien jy twyfel sou ek dink jy moet jou eerder nie hierin begeef nie. Indien julle seker is van julle saak het julle my beste wense.