Luhann het sy loopbaan afgeskop, en sy pad na roem begin stap toe hy op die tere ouderdom van 8 ‘n Mini-Idols kompetisie gewen het. Nou, na 6 jaar van groei, ontwikkel, en tande slyp in die Kunstefees arena, stel Luhann sy debuutalbum Diesel Denim vry.
