Agter glas

Die alledaagse lewe is maar ‘n eentonige roetine. En niemand hou regtig daarvan om net gewoon te wees nie, dis so gewoon …

Sit nou net ‘n helder strik in jou kop, leer ‘n ander taal, gaan doen inkopies met jou ouma, dan is jy eweskielik ongewoon doodgewoon, iemand met iets, ‘n doel.

Dit is van die aspekte wat aangeraak word in Elzabé Zietsman se nuwe vertoning, Agter Glas.

Zietsman kyk met deernis na die gewone mens, die man op straat, die persoon langs jou. Sy is soms krities, dog is daar ‘n goeie porsie selfspot, lekker-in-die-stoel-sit lagtye. Almal van ons het een of ander tyd nodig om vir onsself te lag of net stil te word, weer perspektief te kry, daardie herstel periode, veilig agter ons eie glas.

Zietsman sê: “Die groot vraag is: Hoe gaan mense na jou kyk en wat gaan hulle dink, wanneer jy agter glas in ‘n museum uitgestal word?”

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply