Gedigte van Arend Dippenaar

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Voorwoord:

Minwetend dat ek ooit so dig of gedink het dat ek ‘n pen sou optel om iets te skryf. Van kleins af was ek baie lief vir sport enigiets wat met ‘n bal te doen het. My ouers het wel baie gelees en ons as kinders bemoedig om te lees. Op dertien jarige ouderdom was die eerste keer wat ek besef het wat die mense bedoel het wanneer jy nie ‘n boek kan los nie. Jy lees bladsy vir bladsy aandagtig en kan nie wag om te weet wat volgende gaan gebeur nie. Die vyf uile het definitief my linker brein positief aangetas.

Ek onthou in my laerskool dae wanneer ons stories moes skryf en ek soggens by my pa se voete gesit het wanneer hy in die badkamer besig was om reg te maak vir werk. Hy dan ‘n storie in ‘n kits vir my opgedis terwyl ek woord vir woord neerskryf. Natuurlik het my Afrikaanse onnie geweet dus nie ek nie. Nogtans het Meneer Naudé my laat opstaan en die een storie klopdisselboom laat lees. Dankie pa die meisies was baie in hulle skik met die een.

As Hoofbiblioteek prefek op Laerskool het ek so uitpluis gevoel, omring met al die boeke.Ek het gedink ek lees nie eens nie nou moet ek nog die boeke wegpak ook.Baie keer moes die juffrou my van die sportsveld kom haal om te kom help. Jong, dan was die onderwyseres darem vir jou kwaad.

Ek onthou ook die verjaarsdagkaartjies wat ek by my ouers gekry het.

My pa het elke jaar iets vir ons geskryf en elke begin letter van ‘n sin van bo na onder jou naam uitgespel.

Ek glo al die bogenoemde, my vrou se swangerskap en my verlange na Afrikaans my geїnspireer het om met myself in my eie taal te praat. My hoop is dat elkeen iets hieruit vir homself kan vat. Jy jouself kan identifiseer met sekere situasies maar ook om jou weergawe te gee. As ek jou laat lag, of laat diep dink het of om krities te wees het ek in my doel geslaag. Aan God al die eer.

Arend Alwyn Dippenaar
November 2007

Bly verlief

Ek wonder wanneer kan ek dig,

wil graag my liefde aan jou rig.

Gevoelens oor moedertaal en vaderland alreeds bekend gemaak.

Jy saam met my wat dinge laat lekker smaak.

Ek is jou stem, handel, gebaar en wese gewoond,

my maag smag na jou smullige kos in die oond.

Jou glimlag en manier van dinge sê,

Soos ‘n skaap wat vir ander ‘n mê.

Bokjolyt in Londen “Zoo”

Die stem is hees,

die teken van gisteraand se gees.

Jou terugbring na jou tienerdae,

jou stem so grof soos die werk van sae.

London se “pubs” het uit sy nate gebars,

twee miljoen mense saam gedrom soos ‘n diamantstormloop op Mars.

Uiteindelik ‘n kykplek gekry,

by die Zoo in die minderheid ons saak gestry.

‘n Nasie ingestel op elke stasie,

volkslied en volkstrots ‘n dodelike kombinasie.

In Travalgar Square, Leicester Square en Covent Garden,

trotse Suid-Afrikaanse ondersteuners wat uit volle bors sing.

Span jou oë na buite,

‘n Huis met met verskillende ruite.

Vier jaar se harde werk ongemerk,

Na tagtig minute vrugte afgewerk.

Ons land, ons mens,ons manier en ons taal.

Hier by die werk waar my gedagtes dwaal.

Dagbreek

Die donkerrooi gordyn,

hou ons aan die slaap terwyl die sonskyn.

Net as die wolkekombers van London

weggeraap word deur die koue maan.

‘n Onwelkome geluid die wekker oudergewoonte in die more.

Om ons te begroet met woorde staan op dus dagbreek

En dan te lag in sy mou.

So lui-lui uit die bed met een been,

venster oop en die geklank van motors wat buite dreun.

Na ‘n warm stort,

voel of die dag al lekkerder word.

Denke

Die alles kom uit die brein,

so vinnig soos ‘n sneltrein.

Die geleerdes sê duisend skiet daagliks verby,

maak nie saak of jy sit, staan, lê, slaap of ry.

Voor woorde, handelinge, gewoontes en lewenstyl

soos die koker voor die pyl.

Gebruik die positiewe denke,

een van jou Vader se vele geskenke.

Deurmekaar krap

Hope blare rondgestrooi.

‘n Bont kombers op die gras ‘n lekker kooi.

Nou nader erdwurm,mier, kewer en slak.

Wagtend die Robin op die tak.

Bome bykans kaal gestroop,

amper tyd vir ‘n “glu-wein” soop.

Johannes se dag begin kwart voor agt aan die ontbytstafel.

Jou ma pal aan die praat onderbreek haarself om jou te groet.

Jy in jou eie mobiele eenslaapkamer woonstel.

‘n Omgekeerde verwantskap tussen jou en spasie.

Vroeër jou ma gesê sy dink wanneer sy omdraai in die nag,

sy al jou speelgoed, spieëlkas en bed deur mekaar krap.

Jy boks en skop om te sê aggenee nie alweer nie.

Nou net dit reg gepak.

“Die man aan die ander end”

Ek ken jou skaars

maar jou woorde vir die oog selde raars.

‘n Man wat reeds die pad voor my gestap het,

wat weet waaroor dit alles gaan – verdiep in gebed.

Dit is merkwaardig hoe ‘n paar sinne op papier,

gloeiend en warm gevoelens na die hart stuur.

Jy die gebore leier,

wat die onkundigheid laat weg sluier.

Deur jou passie vir menswees en kultuur

help jy yster vorm by die vuur.

Dierbare Ouers

Is daar woorde wat julle kan beskryf?

Hoër gebergtes wat die erkenning kan weergalm?

Sukkel om woorde te kry want die word gevul met emosie.

Anders nikswerd soos blitsskaak sonder ‘n horlosie.

Wanneer die brein die hart ‘n kans gee!

Sien jy die dieper weë.

Ons is van kleintyd met liefde gesnoei,

In volharding soos ‘n hen wat op haar eier lê en broei.

Bring die blomme terwyl julle lewe.

Julle voorbeeld ons strewe.

Duits in ‘n leek se kop

Die Oupa van Afrikaans

wat rondom die ossewa dans.

Die pa van Hollands wat die Kaap sy naam gee

met die koms van Jan Riebeeck.

“Guten tag.”

Die nie-taalsprekende in stilswye laat raak.

Duits in ‘n leek se kop

soos ‘n plas water sonder ‘n mop.

“Wie heiβ du?”

“Ich bin Sue.”

“Und wie heiβen Sie?”

“Ich heiβe Lulu,”

“Mein vater kennt ein Zulu!”

Ons almal ken “Ich liebe dich.”

en ek vir jou.

Heelwat woorde dieselfde

soos ‘n appel in sy helfte.

Eie Ego

Nooit nee sê om te bëindruk,

intens soos die beeldhouer met sy onverwerkte stuk.

Elkeen soek waardering,

Soos ‘n deur met goeie skandering.

Die resultaat goeie funksionering.

Onthou jy is spesiaal – altyd,

God se genade so wyd.

Emosie

Ons ervaar die innerlike toestand daagliks,

sonder dit op aarde is ons as mens niks.

Babas en diere het geen sluier –

voor die siel.

Sal spontaan weier,

soos ‘n muil voor die wiel.

Kwaad, verheug, hartseer, verbaas, geskok of skaam,

word in elke wese be-aam.

Jou eie net te sien voor die spieël.

Strak oë, ‘n glimlag of jou gesig op ‘n snaakse manier trek,

wat maak dat jy voel soos ‘n gek.

‘n Mooi beeld in sport

as ‘n rugbyspeler ‘n drie druk en sy oë opslaan na God.

Engeland

‘n Eiland wes van Europa,

die Engelse kanaal wat dien as skeiding.

Jou bure Ierland Wallis Scotland, Frankryk

Groen gras in lente, somer winter en herfs.

‘n Kroeg om elke hoek en draai.

‘n Haan Selde hoor kraai.

Jou hoofstede aanhoudend snel,

in die platteland” het jy nog wel tyd om te tel.

Jou streke gevul met mense.

Tesco’s Sainsbury’s and Woolworth’s met hul propvol spense.

Elke ras hier te vind.

Gordon Brown nou aan bevind.

Opvoeding en finansiele instellings

die grootste slagare van die ekonomie.

Die Teems rivier gedeeltelik besoedel.

Gelukkig ander riviere wat helder water laat troebel.

Die regering se wins verlaag uit die familie boedel.

Soms eensydig met jou taal.

Elke immigrant moet dit laat verbaal.

Meeste vorm hulle eie kommune.

So kragtig soos n “Airbus” se turbine.

God in sokker maar God is nie sokker nie.

Jou kastele, moderne panele en immergroen kontreie

laat hordes jaarliks na jou vlok.

Jou hoofstad se ondergrondse vervoer tonnels

wemel soos rysmiere.

Stil swyende pendelaars met die “Metro” en “City AM” wat dien as vermaak.

Reën so bekend soos die diere geluide in Afrika.

Ag jou self gelukig as jy ‘n koppie koffie, tee, ete of vy

by die “tradisionele inwoner” sou kry.

Arbeids-,Konservatiewe- en Liberale Demokratiese- en Groen partye

wat veg vir die mens se medelye.

Die koningin, Prins Charles en “royal” familie en Tony Blair,

Is steeds tradisonele huisname.

Geliefde Broers

Is jy langer? Is jy korter?

Wie was eerste? Wie was laaste?

Is jy maerder? Is jy vetter?

Dieselfde bloed harloop in ons murg en pype.

Oudste speel leermeester

en die jongeres meestal die getroue volgelinge.

‘n Tyd vir koppe-stamp, saamstaan, lag en huil.

Ons sal mekaar nooit verruil.

Ons heet die familienaam hoog,

soos ‘n Walviskoei haar bulletjie soog.

Die jongste baie spesiaal,

die oudste mees verbaal.

Dus hy wat die perd moet opsaal.

Want later praat die sambok ‘n ander taal.

Groot respek vir ons vader,

As hy die vertrek nader.

Groen en Goud

Aspersies en gebakte aartappels te beloer.

‘n Pretzel en ‘n hoed van ‘n Bavariaanse boer.

Alge en ‘n goudvis wat broei.

Mos wat op die goue anker groei.

Die landskap na ‘n goeie by reën.

‘n Gebied wat wat wemel van lewe, ‘n bedekte seën.

Vinnig vloeiende strome, ontkiemde sade en bome met nuwe blare.

‘n Trotse leeumannetjie met goue maanhare.

Daar heers harmonie tussen grasvlaktes en die son, uiter welkome gebare.

Soos Suid-Afrikaanse ondersteuners met hul groen en goud hare.

Goudringe aan die vingers,

komplimenterend volg die groen grasperk die spelers.

Die Springboktrui getooi in groen en goud

soos die smaak van slap-aartappelskyfies met sout.

Oorhandiging van die Web Ellis trofieë,

jul beloning vir ‘n bok-skouspel met uitnemende drieë.

‘n Mylpaal vir die jeug,

selfs vir die wat nog kom en die baba wat nou teug.

Humeur

Menigte glo dus in die haar kleur.

Swart, grys,blond, brunette maar in rooi meer.

Die gevoel wat opkom wanneer jy wil ontplof,

soos ‘n bedonderde bul in die stof.

Jy vaar uit en jou handelinge soms onbeskof

en te laat besef jy in dit is daar geen lof.

Dank die Here vir vergifnis,

slinger kwaad en haat soos ‘n diskus.

Johannes se sonar op 21weke

Op die agtiende September twee-duisend-en-sewe om twee uur was jy ingeboek,

vir ‘n sonar jy een-en-twintig weke. Ja, om die radio-grafis weer te besoek.

Jou moeder het ‘n droom gehad die aand voor die x-straal,

vir my gevoel soos ‘n vreemde taal.

Die sonar – apparaat het jou wakker laat skrik

en jy het omgedraai in protes teen die druk.

Jy het geslaap met jou handjies langs jou koppie.

Die gebaar soos wanneer ‘n kind kniel

voor sy bed om te bid met en vir sy siel.

Jy het horisontaal gelê met jou kop langs jou ma se hart,

jou ligaam verdeel in ‘n kwart .

Later het jy jou regterhandjie vuis gemaak en jou koppie daarop laat rus.

My laat dink aan die foto van jou Oupa teen die muur ‘n ooreenkoms gewis.

Alreeds diep aan die dink

met ledematjies reeds so flink.

Lied van die hart

Sag soos satyn,

jou woorde wat in my hart refrein.

Welkome prikkels na die brein,

duidelik uitbasiun.

Soos kort gras en ‘n mooi tuin –

‘n stelling maak sonder om te versium.

Jou tevredenheid te wys met ‘n duim

vir my die perfekte sein.

Liewe Sus

Almal wil altyd weet, Sus?

Hoe kon jy ooit met vyf broers rus?

‘n Slim brein het jy beslis,

gehelp om die vuur uit te blus.

Jou teenwoordigheid soos ‘n vakansie by die kus.

Hier in London waar ek jou waarlik mis.

Bring daai heerlike melktert dis,

gepas soos ‘n slang met sy sis.

Jou liefde vir jou medemens ‘n onmeetbare plus.

Jy wat die arme help op die bus.

Londen Museum

Opgerig langs ‘n vervalle ou stadsmuur,

vandag elke toeris se plesier.

Jou geskiedenis herleefbaar,

agter elke glaskas en oop uitstal terrein.

Al wat jy nodig het is sig, tas en gehoor.

Onwetend verander my wêreld in ‘n oogwink,

en ek ‘n toeskouer in Londonium.

Beinvloed deur Celt, Noorweeg, Deen, Romein en Germaan,

wat handel in die toekoms sou baan.

Die jaar dertien-sewe- en- veertig was die begin van die “Swart Dood” virus,

bewyse ge-ets – swart op wit papirus.

Veertien jaar na die koms van Jan Van Riebeeck,

breek die groot brand uit in London.

Die heers met vlam en gloed vir vyf dae.

Nie genoeg ruimte vir die nasie,

selfs sardiens in ‘n blik kon meer wik.

Huise gebou soos pendelinge in ‘n

Suid-Afrikaanse “taxi”. of selfs soos die gepakte

ondergrondse“tube” in London in die more.

Hoe het die epidemie en vuur ontstaan?

Gaan “google” die voor of na die sekelmaan.

Nuwe tog aan te pak

Gebeurtenisse ,verwikkelinge en ervarings kom en gaan.

Die tyd stap vinnig aan.

Jou keuse maak dat jy ‘n nuwe rigting inslaan.

God wat jou die weg sal baan.

Die vreemde wat wag

en die bekende wat jy so na smag.

Beperkte visie soos ‘n mynwerker wat afgaan in die skag,

na die gelouter goud die prag.

Jy kan nie jou vinger op dit honderd persent plaas.

Dus jou geloof wat jou telke male verbaas.

Die uitnodiging, geleentheid of krisis as aas.

Jou karakter vorm oor ‘n tyd soos die maak van kaas.

Verantwoordelikheid neem toon eienaarskap,

soos ‘n fietsryer die wenpaal nader met elke trap.

‘n Sonnet vir Manne

As peuter kleef jy aan ma se rokspante,

in jou latere jare soos jou geliefde pa wil wees.

My pa is die rykste.. My pa so sterk so ‘n bees.

Jy wonder wie lieg die ergste – menings van alle kante.

Die appel val nie ver van die boom,

mits die teen ‘n helling of krans.

Min kan hulle eie broeke soom,

wonder wat is hardkoppig in Spaans.

Onstuitbaar tot voor die siekte toeslaan,

soms amper komies te ly sonder ‘n traan.

As jy knap is met jou hand,

in groot aanvraag soos die pond teen die rand.

Geseënd met gesonde verstand

om te waak teen die dryfsand.

Nadenke

Neem en speel van woorde

soos die pluk van ryp vrugte uit die boorde.

Die seisoen bepaal die vrug

soos die hart van die wat dig.

Salomo en Dawid wat lewenswyses rig

met handelinge en aksies om lief te hê en te tug.

Toets selfvervullende profesieë.

Die kruks in die weë.

Ek en jy die pragstuk uit die klei.

Die Pottebakker ons nooit sal verruil vir ‘n appel en ‘n ui.

Nasiebou

Saterdagmiddag Sewe Oktober die jaar twee-duisend en sewe, Suid-Afrika teen Fiji in die kwarteindronde van die wêreldbeker rugby.

Geklee in Springbok trui en denim,

gereed soos ‘n slang met sy venym.

Ons praat rugby ek en jy my seun.

Oogeenlopend wie ons ondersteun.

Ons dink aan Australië en Nieu-Seeland wat nogsteeds ween

maar ons gemoed sing ‘n ander deun.

Volksliedere word gesing en elke man

besef hy het ‘n hart.

Ons glo die Bokke kan!

Die een se oorwinning die ander se smart.

Mag ons deur jou voorbeeld,

handevat en saamwerk onverdeeld.

Nuweling is oppad

Tyd is besig om vinnig aan te stap.

‘n Mens kan eintlik se hy draf teen ‘n stywe pas.

Kort voor lank is jy in ons midde.

‘n Rammetjie saam met sy kudde.

Vriende en familie het ons alreeds so baie geseën.

Letterlik en figuurlik op ons gereën.

Moedertaal waar is jou poorte

Hoe verwag jy van my om te dig in Ingels,

dus om ‘n bos blomme te hou sonder stingels.

Moedertaal waar is jou poorte,

vloeiend in die instrument se koorte

In London omring deur vreemde tale,

is jy die een vir my telke male.

Observasie

Deur die ovaalvormige lense,

het die observasie geen grense.

Waarneem van allerlei tendense

in die natuur deur diere en mense.

Elke mens skets sy eie prentjie.

Vir die nuutgebore baba lewe die beste geskenkie.

Die soeke na waarheid

verwyder die oogklappe van vals doktrines en onkundigheid.

Jesus ons perfekte voorbeeld.

Ons maak foute maar sy liefde en getrouheid bly steeds onverdeeld.

Om ‘n kans te vat

Te veel top oor ‘n saak kan ‘n mens laat talm.

Die sweet in jou gevuiste palm.

Onderdruk, is die wenner gefokus en kalm.

Wanneer hy by jou verby skiet in ‘n walm.

Probeer is die beste geweer.

Geen tyd om dit te bespeur.

Gee die pleister vir die seer.

Die bewustelose se redding die alkohol se geur.

Werk jou brood op die water

soos Dawid met sy menigte Psalm.

Die pluk van ‘n kokosneut uit ‘n palm.

Beproewinge laat die mensdom kwaad word, huil en skater.

Jy vra maar waarheen nou?

Kom te staan teen die verwagtinge soos Burt Munro.

Dit alles begin om ‘n kans te vat

soos ‘n fietsryer teen ‘n steilberg in eerste rat.

Onthou elke opdraend het ‘n afdraend!

Herfs in Engeland en lente in Suid-Afrika.

Elke dag ‘n aand.

Individue uniek.

Ons ongeborene “Bumpie”

Jy het jou verskyning onverwags gemaak,

So wrintie waar ‘n swangerskaptoets in die vroeë oggend ure.

Nog voor jou ouers sou weet dus ‘n uitgemaakte saak.

Jy (‘n klein spikkeltjie),jou ma en ek omring deur die slaapkamer mure.

O kleine skepping van God,

deur Sy genade sal jy groei en bod.

Op 15 weke alreeds laat weet jy is daar,

jou moeder sê jy geniet elke ritme en snaar.

My hand op jou moeder se maag was ons eerste ontmoeting.

Jou skop het blydskap in my hart laat druis.My gebed is dat jy Jesus altyd saam sal neem waar jy reis – Hy gee vrylik onder andere liefde, blydskap en vertroosting.

Ons kyk uit vir jou tot die kraam

en dan volgende jaar in Suid-Afrika met familie saam.

(n Vader se bepeinsing op 20 weke swangerskap.)

Ontmoeting by Liverpool stasie

Jy man van die bos.

‘n Stadsjapie se Moses mos.

Ons het ontmoet op Liverpool stasie

beide was nie verbaas nie.

Springbok hemp het jy gewaar.

beide tyd gehad om te spaar.

Gesprekke het gewissel kort sarsies tussen rugby, familie en natuur.

Hart vol vuur en oë sekuur.

Growwe hande die bewys van harde werk.

Die staaldraad stukke langs jou rugsak om jou finansieël te versterk.

Jy gaan deur ‘n moeilike tyd,

soos ‘n geelvis teen die stroom in die spruit.

Jou hande gou aan die werk

om ‘n naamplaat te maak vir my seun.

Oom en Tannie

Het jy ‘n geliefde oom of tannie waaraan jy dink?

Waardevol soos ‘n pen vol ink.

‘n Reddende hand voor jy sink,

wat vinnig nader as kind wanneer sy/hy wink.

Haar oë wat vriendelik blink

wanneer sy rooibostee skink.

Spesiaal vir jou om te drink.

Op afwagting vir koek wat goed klink.

Osiah

Jy het geveg vir oorlewing

in Deptford se omgewing.

‘n Tuisgeboorte en toe later na die hospitaal,

Jy jou ma se sonstraal.

Op jou peuterdae gelyk soos Noddy,

in Legoland was jy te vind.

Jou handelinge wys jy is pure kind,

Jou glimlag ‘n geskenk aan die….

Politiek jou en my indaba

Menings, idees, filosofieë opvoeding en die gebrek daaraan,

Word nagejaag en verkoop soos ‘n soetding.

Pak en das die orde van die dag.

jou geleentheid met elke moontlike spreekbeurt.

Nederige mense op hul knieë,

bid vir die land se weë.

Leiers met deurnis en intergriteit,

bring welvaart en stabiliteit.

Dus meer as net ‘n party naam

of wat in hul portfeulje staan.

Net aksies wat sekerheid baan.

Ons roep die leiers in eenheid saam.

Salomé

Jy het nie nodig om te praat,

al wat jy benodig is jou vaart.

Sigbaar wit, swart hare vier bene, kop en stert, vir jou baas is jy baie werd.

Jy gee vriendskap teen ‘n duur prys.

In die somer selde sonder ‘n muis.

Jou angs en my haat was die muur tussen ons,

met tyd het aanvaarding en liefde gegons.

Wie sou kon raai dat ek jou ooit sou streel

net liefde wat dinge heel.

Selfvertroue

Jy plaas my in die kollig

maar my lyf trek hol-rug.

Skaamte is net ‘n geraamte

as jou aksies jou vrees laat spaander.

Die lewe is kort, so ek hoop my woorde

seën jou siel – soos die sneeu die see-lewe in die noorde.

Selgroepie

Gebore uit vrye wil,

gou-gou ‘n hele spul.

Selgroep in ‘n ander land

net so ‘n hegte band.

Waar vreemdelinge vriende word.

‘n Kosbare konneksie,

tot stiging van geloof.

God die Bakker by die stoof.

Skool-leuse

Elke skool het een

om elke leerling te seën.

Neus optrek vir ‘n beter deun.

Jy wat wil hê dat jou ouers jou steun.

Let op na die skool-leuse my seun.

Dit is belangrik vir die eko-systeem.

Wanneer jy weer die geskrewe woord inneem,

dink eers voor jy begin teem.

Ons almal leerlinge van die lewe.

Die perfekte sewe.

Tas versigtig soos die voelers van krewe.

Volharding en trots laat die vyand bewe.

Woorde

Soms laat ‘n mens woorde val,

uit die diep emosie dal.

‘n Onopbruikbare put,

verewig ‘n lafenis vir die smid.

Dorsheid is ons vriend,

die katalisator wat satisfaksie bied.

Wat is ‘n magneet sonder aantrekkingskrag?

‘n Zebra sonder sy pyjama drag.

‘n Voël sonder vlerke

en ‘n handpalm sonder merke.

Sy sonder ‘n mot

en ‘n mens sonder God.

Spitstyd by die werk

Die wat kan werk en nie wil nie!

Hulle moet nie eet nie!

So leer die Bybel ons.

Maand-einde is wanneer dit behoorlik gons.

Dit verswelg jou volle aandag,

soos ‘n droë spons vir water.

Jy vat eers grond heelwat later.

Normaliteit dalk weer volgende Maandag.

Vergadering na vergadering,

jy wonder is dit die regte benadering.

Daar is nie tyd vir sinnelose spraak,

want jy wil fokus op die huidige taak.

Voor die rekenaarskerm vingers wat tokkel,

hopelik geen fout wat hom/haar laat in smokkel.

Waar gaan die tyd heen?

Jou rug wat teen die stoel leen.

Sukses

Waarna elke sportman –en- vrou voor strewe.

In spanning die lyf wat bewe.

‘n Ontasbare item,

meetbaar in die oorwinnaar se polsende hart.

Toeskouers deel ook in die vreugde,

omhels mekaar in ‘n vriendelike gebaar.

Trane wat vrylik vloei

soos die gemelk van ‘n koei.

Harde werk het jou beloon,

jy verdien die kroon.

Terggees

Jy lyk vir my baie intens.

Ag!! Loop speel jy met jou pens.

Senu–tergend is my wens,

wys my die weg na die spens.

Ons albei maar net mens,

Jy sien deur my met jou “polariod” lens.

Terugflits

My hart op papier,

wys die emosie van die uur.

Soos ‘n windkous ‘n vliegtuig lei

en ‘n lantern in die donker nag die pad aandui.

Trots

Vrydag aand veertien September die jaar twee-duisend- en-sewe,

herfs in Londen ontvou in ‘n veel-kleur lewe. .

Wanneer blare verkleurmannetjie speel

en nie te lank voor innames van doepas en konkoksies vir die keel.

Dus wêreldbeker rugby die jaar

en ons besig om na Wallis te vaar.

Daar is ‘n verkeersopeenhoping op die M25 – suid,

In Reading merk ek op – die tyd!!!!

Dit is agtuur en ek bevind my in ‘n engelse kroeg,

Net betyds voor die swoeg.

Die stem word gesing en trots skiet deur my hele wese

Springbokke altyd my keuse.

Want moedertaal en vaderland

gaan hand aan hand.

Suid-Afrika jy bly steeds my geliefde land,

al is ek hier aan die ander kant.

Sonder om te verander en veranderinge

Maak deel uit van ons alledaagse bestaan.

Meeste van ons wat dit gedwonge weerstaan.

Herfs in Londen ‘n nuwe seisoen aankondig.

Oor die hele Engeland is dit meestal vogtig.

Verkleurde blare, gras wat ophou groei maar steeds groen bly.

Die somer nalaat en die winter se pad vir hom uit lê.

Swangerskap verandering bring by ‘n vrou.

Eers haar emosies en dan haar liggaam.

Ronde magie en gloeiend soos ‘n Engel.

Afkyk na die grond geen voete in sig,

Jy verbeel jou jy is in die lug.

Jou manier van slaap en loop verander.

By die werk verandering bring.

Nuwe mense, nuwe idees en nuwe stelsels.

Jy hou vas aan die ou manier van dinge doen,

soos ‘n magneet aan ‘n ghoen.

Die fotos jaar na jaar merk die fisiese verandering

in ons geliefdes.

Verandering in die huis,

die teel van die vloer en so meer.

In jou geloof verandering bring.

Ons val en faal.

Ons word opgetel en bly steeds ‘n sukses.

Jesus bring die Rykste verandering.

Verdwaal in Londen

London met sy ondergrondse tonnels,

Maak jou soms so deurmekaar soos wasjiene vir bondels.

Soms hordes wat nie weet waarheen hul gaan

met die gesluit van een “Tube” baan.

Bogronds sonder jou “A-Z”

Jy wonder wie gaan jou uit die petaljé red.

Is dit hier links? of regs?, Noord? of Suid?

Daar is min tyd.

Wie kan help? Wie sal weet?

Die regte persoon soos asyn in beet.

Verskoon my dame of heer,

verduidelik my asseblief nog ‘n keer.

Verskansings en die geknetter van olie

Die geknetter van olie in die lugverwarmer se pype.

Middel herfs in Londen,

die koue wat reeds verdryf word deur sentrale verhitting.

In vandag se koerant praat hul

van maniere om jou te beskerm teen al die nare verkoues.

Soos ‘n belegger sy bates wil verskand teen hoë risiko’s.

Los die warm watersak en melkprodukte.

Verander jou in ‘n oorverhitte motor met verstopte waterpype.

Gooi water in jou lugverkoerer en dan sal jou uitlaat wit brand.

Jy benodig glo laer temperature

wanneer jy slaap.

Jy wonder wie almal hierby gaan baat.

Vertroue en afwagting van ‘n reënboognasie

Bly nederig in houding.

Wees onverskrokke in aanval en verdediging.

Noukeurig in elke beweging.

Jake White, Eddie Jones, Gert Smal en Allister Coetzee,

julle vier bakgat mentors daar oor die see.

Ons glo in julle vermoë.

Wit, Swart, Bruin en Indiër oë.

Lig die beker om hoog!

Moeders uit Afrika het julle gesoog!

Ons dra die Sprinboktrui met trots.

Onthou dus uit Genade – Jesus ons rots.

Voor Valentyn

Die ontmoeting was in Valentine’s maand,

in London een skemer’s aand.

Ja, soos ‘n sprokiesverhaal se einde

was dit liefde met die eerste opsig

maar nie vir beide. Jou oë was verblind

want my hare was nie gebind.

Toe jy glimlag en vir my wink wou ek nader

maar brein wou toe laat spaander.

Oë gerig op mekaar het ek nie-nonchalant op jou geval.

Die stoel se skuld natuurlik,

ek en jy nog in een stuk.

Voorwaarts Mars

Buiteland met verkyker oë,

Altyd gereed met hul vertoë.

Boere wat werk met hul ploeë,

noodsaaklik vir ‘n tafel – goeie voeë.

Sit in elkeen se vermoë.

Dienaaars van Suid-Afrika,

‘n Belangrike bestandeel soos vitamiene C in paprika.

Smaakvol soos ‘n “Indiese tika…”.

Voorberei deur die sjef Sikka.

Uit die “Resepteboek” van toeka.

God help ons in ons weë,

dryf die ongeregtheid in die see.

Jesus hoor ons nood en geskree.

U liefde wat ons sondes wegvee.

U ons met U Heerlikheid beklee.

Vriende

Eers total vreemdelinge in die begin

soos emigrerende voëls na hitte win.

Verskillende kennismakings en omstandighede -dus om my heen.

Die samekoms vir ons almal ‘n seën,

veral wanneer ons vermaan, lag of ween.

Selfs voor die ossewa se kreun,

terug na Adam en Eva in die reën.

Soms skei ons paadjies,

‘n oes wat honger na nuwe saadjies.

Nuut of oud vriende in die algemeen,

‘n Sterk pilaar om op te steun.

Wêreldkampioene

‘n Mantel wat elke nasie wil dra,

sukses wat totale verbindenis en toewyding vra.

Die span is die beste in die soort sport.

elke speler en toeskouer wil soos jul word.

Vet, maer, wit, swart, bruin, lank en kort,

Gepas soos pap, ‘n lepel en ‘n bord.

Laat ons saamwerk aan ons land se situasie,

Suid-Afrika wêreldkampioene te maak teen misdaad en korrupsie.

Wat is die liggaam en siel

sonder die GEES?

Soos ‘n aktrise sonder haar spieël.

Reuk sonder ‘n neus.

Woelwater

Johannes jy is deel van my bloed.

Jou ma wat jou nog moet voed.

Jy is baie woelig.

Gedurig met die een of ander iets doenig.

Jy sokkie met jou naelstring

Wanneer jy jou ma hoor sing.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Ek dink jy kan honderde gedigte uit hierdie een optower…
    Bieytjie lank na my sin… daarom verloor mens die mooi wat jy uitbeeld..
    sal graag meer van jou werke wil lees.
    groete
    Elza

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar