Die klassieke verhaal van Aladdin herleef in hierdie kleurvolle produksie met verskeie geliefde karakters wat weer hulle opwagting maak.
Aladdin, die karakter wat vir die eerste keer sy verskyning in 1001 Nagte meer as tien eeue gelede gemaak het, het al verskeie gedaantes aangeneem. In hierdie hedendaagse kinderstuk wat op die beginsels van die pantomime en die klug gegrond is, word met ‘n vars oog gekyk na die verhaal van Aladdin, die seun uit China, wat sy prinses Jasmyn uit die kloue van die aaklige Egiptiese towenaar, Abanazer, moet bevry.
Die studente van die Drama Departement van die Universiteit van Stellenbosch bring hierdie kleurspel op die planke met musiek, skouspelagtige dekorstukke en kostuums om die vermaaklike verhaal vir oud en jonk aan te bied. Kom lag en sing saam in hierdie wonderlike avontuur.


(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
