Die US Drama Departement bied Aan’t ete / Eight aan,’n swart komedie wat pas teruggekeer het van die Grahamstad Nasionale Kunstefees. Die toneelstuk kyk na eet, nie eet nie en ander eet.
Die Van Heil familie nooi jou uit na ete en om die warboel om hulle etenstafel te aanskou. Die kos hier is in oorvloed, maar as jy oorgewig is mag jy net kyk, tot jy iets daaraan doen.
Mev. Van Heil gaan tot alle uiterstes om te verseker dat haar dogter gewig verloor, selfs as dit haar in die arms van Edmund Gore dryf. Gore het ‘n boepens, en ‘n yskas om vol te maak …

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
