Kristi Steyn is op reis deur Afrikaans om te bewys dat Afrikaans meer as ’n taal is. Word weggevoer met sang, klavier en tjello tussen nuwe en ou gedigte deur bekendes en onbekendes. Die liedjies en gedigte word verweef met stories en komiese staaltjies oor musiek, skep en die lewe van ’n indringer. Dit handel oor hoe dit voel om te lag, huil en verlang in Afrikaans. Die teaterstyle van Nataniël en Amanda Strydom word saamgevleg. Kom vier die Afrikaanse taal met saamlag, digkuns en nuwe liedjies in hierdie ode aan teater. Die stories van liefde en leed, lewe en dood, dinge van die aarde en van die hemel moet vertel word.

MET Kristi Steyn, Christiaan van Zyl en Krayno Lategan TEKS EN MUSIEKREGIE Kristi Steyn

KKNK

Die Windpomp (Cowleylaan) Oudtshoorn
Afrikaans
Gesin
60 minute

DATUM(S)
29 Maart 2026, 16:30
30 Maart 2026, 10:00
31 Maart 2026, 10:00

As die mooi aan ons haak Kristi Steyn
As die mooi aan ons haak Kristi Steyn

Lewer kommentaar

Leave a Reply