Dean Smith, Suidooster se geliefde Wade, se supergewilde persona op sosiale media, Bettie, kom deel haar stories. Bettie is formidabel. Sy het iets te sê oor alles, al het sy net die kat aan die stert beet. Kom verlustig jou in resepte, skinderstories, lief en leed, en natuurlik Bettie se onkonvensionele perspektiewe op alles en nog wat!
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 5 en 6 Junie. Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com