Bohaai oor Boggerol

U.S. Drama bied aan Bohaai oor Boggerol, ´n verkorting en verwerking van Shakespeare se Much ado about nothing in Afrikaans deur Martelize Kolver.

Die bohaai (oor boggerol) speel af te midde van misverstande en ´n gekonkel op ´n plaas suid van Bloemfontein in die Vrystaat in die vroeë 1940’s. Martelize, wat ook die regie behartig, beskryf die stuk as ´n boeresepie en ´n studie oor windpompe.

Oorspronklike musiek is vir die stuk geskep deur Ulagh Goosen. In die rolverdeling is onder andere Stian Bam, Frieda van den Heever, Petrus du Preez, Jacques Theron en Yvonne Pedretti.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar