’n Oningeligte, naïewe jong vrou sukkel om deur die diep waters van 2024 te kom. Sy’s regtig snaaks, maar waarskynlik ’n bietjie van ’n narsis. In ’n versameling oënskynlik lukrake stories vertel sy kaalvuis wat sy dink. Sy wonder wat dit beteken om ’n vrou te wees en of sy haarself regtig ’n Afrikaner kan noem. Sy weet dit nie, maar sy is besig om te hardloop. Maar of sy probeer wegkom van iets, is onduidelik.

Met Lara Hattingh (Geen 0/13) by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 25 Junie

Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lara Hattingh 2024
Lara Hattingh

Lewer kommentaar

Leave a Reply