Ronnie het nie pêls nie, sy meisie het hom gelos, maar sy ouma is darem baie lief vir hom.
Couchmate, ‘n aweregse romantiese komedie, het in 2005 by die InniBos-fees gedebuteer, waar dit met die Kaatjie van die baan-prys vir die beste debuutproduksie weggestap het.
Couchmate handel oor hoe om vir jouself op te staan, hoe om die vrae te beantwoord wat by jou in jou slaap spook, hoe om die moed te vind om die meisie van jou drome uit te vra, en ook oor vriendskap, liefde, Britney Spears en swaardgevegte in Frankryk. Met ‘n rusbank vir ‘n bed en Dexter en Dee Dee vir flatmates begin Ronnie se soeke na inwees. Never underestimate the need to be cool.
