Plinius skryf in Naturalis Historiæ dat die Atheense dramaturg Aiskhulos in die buitelig gebly het.

Aiskhulos het die besluit geneem na ’n voorspelling dat ’n vallende voorwerp sy dood sou veroorsaak. Die logika was dat die kanse minder is dat iets op jou kop kan val in die buitelig. Daar word vertel hy is dood toe ’n arend ’n skilpad op sy kop laat val het. Die arend het sy bleskop vergis vir ’n rots waarop hy die dop van die skilpad kon breek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply