Herfsdag
Lieflike herfsdag vandag
’n ligte wind,
die voëlsang se prag.
Corona-stilte daar buite
maar tog so opvallend
duidelik die geluide.
Die natuur gaan sy gang
die diereryk,
is glad nie bang
Die mens,
is vasgevang en
vrees die Corona slang.
Die stilte weergalm
in my kop.
Laat my uitreik
na my dubbeldop.
Voel soveel beter
as die alkohol my skop.
In my waansin
soek ek na ’n skyf
Dop my sakke om
vir meer nikotien in my lyf
Die smokkelaar se selnommer
is 1011305.
My frustrasie
bly daagliks verhoog
Die stof in my huis
vang telkens my oog.
Ek word al akkurater
met my pyl en boog.
My drange
is voldoende bevredig
Die nabyheid en samesyn,
die lang aande so ledig …
Ek is besig om in te haal,
ek was so dikwels afwesig …
My koerant
lê eenkant op ’n hoop
Het dit probeer lees
maar vind net geen hoop
My kop voel leeg,
van alle gedagtes gestroop.
Dis nou eers dag drie,
en ek is reeds sonder nikotien
My dubbeldop
is ook reeds op.
Ek het glad nie meer lus nie
nie eers vir ’n kus nie.
Ek bou nou maar legkaart
en groei ’n verslonsde baard.
Dis ’n lieflike herfsdag vandag
Hoe lank moet ek nog wag?
Kantel
Regs kantel die vliegtuig as hy rigting kry noord
Na tuistes van mense soos dit mos maar hoort
En as jy hul denke geheimsinnig kon infiltreer
Sit elkeen maar êrens met ’n toegeplakte seer.
Wat gaan ek doen, wat ek gaan ek maak?
Maak dit werklik aan iemand anders saak?
Of is dit maar net ek en my gemakstoel ‘alleen’…
My beurt vir die suig aan die ongewilde agterspeen?
Maar kantel kantel selfs die mees volmaakte lewe
En al lyk dit of die vliegtuig rustig die lug deur swewe
Is daar windstrome en dreigende onweerswolke
op elke liewe reis … onverstaanbare tolke …
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
