’n Jong matroos aan boord van die SS Graigaur begin om sy eerste roman neer te pen. Met die hulp van sy muse – ’n portret van sy ma wat lewend geword het – en die bystand van sy vriend – ’n ongeletterde skeepswerktuigkundige – sukkel hy om ’n balans te vind tussen romanse en werklikheid.
Hierdie is een van Athol Fugard se mees persoonlike toneelstukke en kyk na die dramaturg se poging om die teenstrydige emosies te aanvaar wat ontlok word deur die nagedagtenis aan sy dapper ma en sy pa met sy vele foute.
Met: Neels van Jaarsveld en Owen Sejake
Regisseur: Janice Honeyman
Ontwerper: Dicky Longhurst
Beligting: Mannie Manim
Sien dit by die Suidoosterfees 2011
Wo. 19 Jan – Sa. 29 Jan 19:30
Sat 29 Jan 15:00
R70 Maandag
R90 Dinsdag tot Donderdag
R120 Vrydae en Saterdae
Bespreek by Fugard Teater: 021 461 4554
Lewer kommentaar