Dis die lente van 1944 in die Suide van Pole. Sewe Russiese soldate word deur die Fritzies (Lees Nazi’s) in hegtenis geneem en word naak in Die Rypmaakkamer van ‘n klooster gegooi. Die voertuie van die Nazi’s vertrek en die sewe soldate word wreed daar gelaat om ‘n baie stadige en aaklige dood te sterf.
Die verhaal gaan oor die mens se oorlewingstryd wat lei tot moord, sielkundige aftakeling en kannibalisme. Interpersoonlike verhoudings word tot breekpunt beproef.
Die Rypmaakkamer is ‘n grootse en uitdagende riller wat op ware gebeure gebasseer is. Hoe wreed kan mense wees wat in ‘n magsposisie is?
Mark Teater – Johannesburg
11-30 Junie 2019
Lae Prys Voorskoue (7 Jun 20:00; 8 Jun 20:00; 9 Jun 15:00)
Aandvertonings – 20:00
Kaartjiepryse: R120 – R190
Saterdag- en Sondagmiddae Vertonings: 15:00
Bespreek by www.webtickets.co.za
Vrystaat Kunstefees – Bloemfontein
Jool Kol – KOVSIE-kampus
2 Julie – 14:00
3 Julie – 10:00
5 Julie – 14:00
6 Julie – 10:00
Kaartjiepryse: R190
Bespreek by Computicket 0861 915 8000.

