Facebook-teater

Die Maxim Gorki-teater in Berlyn, Duitsland, het Maandag die eerste toneelstuk op Facebook opgevoer. Die stuk was Effi Briest deur Theodor Fontaine.

1 200 mense het deelgeneem aan die stuk, terwyl die res van ons net kon kyk. Deelnemers kon hul mening gee oor aspekte van die stuk deur daaroor te stem of om klein stukkies by te voeg, byvoorbeeld deur Effi se liefdesbrief uit te brei.

Jy kon applous lewer deur “applause” in te tik.

Regisseur: Jorinde Dröse

In die rolverdeling was Anja Schneider, Robert Kuchenbuch, Wilhelm Eilers, Paul Schröder, Ruth Reinecke, Benita Haacke en Lucie Schrag.

Effi Briest
Effi Briest

Lewer kommentaar

Leave a Reply