Een van die hoogtepunte van Woordfees TV 2021 was Ferine and Ferase waarmee die teaterlegendes Andrew Buckland en Sylvaine Strike kykers op ‘n onvergeetlike reis na verwondering geneem het. Dit vertel die storie van twee gedoemde minnaars wie se verbode liefde opvlam sodra die volmaan en vuurvliegies verskyn.

Dié stuk, wat intussen vir ‘n Fiësta in die kategorie vir Beste feesproduksie: Teater benoem en tot Firefly herdoop is, sal tot 9 April in die Baxter-teatersentrum in Kaapstad op die planke wees. In haar gloeiende resensie vir Netwerk24 beskryf Marguerite Robinson dit as die soort “teaterervaring wat ‘once in a blue moon’ oor jou pad kom, maar wat altyd by jou sal bly”.

Firefly
Firefly

Lewer kommentaar

Leave a Reply