Desperaatheid laat jou na grashalms gryp. In Suid-Afrika is ons emosioneel desperaat om net asseblief tog bietjie positief te voel en hoop te kry vir iets. So Gryp elke grasHOLM wat jy kan kry – jy sal uitloop met ’n positiewe perspektief, ’n hoopvolle hart en ’n groot giggel.
Marion Holm doen in hierdie splinternuwe eenvrouvertoning wat sy altyd doen: komedie met baie hart.
TEKS: Marion Holm en Chris Vorster
REGIE Chris Vorster
BELIGTINGSONTWERP Kosie Smit
VERVAARDIGER Handyminds
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op Saterdag 13 Junie om 20:30 en Sondagmiddag 14 Junie om 14:00
Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 / of aanlyn by www.dieboer.com

