Dis die klein jakkalsies wat daagliks Holm se wingerd verniel, maar sy wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie; sy boks braaf en keer vir seer. Marion praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid. Vir die slimmes is daar pitkos, vir die dames ‘n meneer en vir die kwesbares ‘n bondgenoot. U is welkom om nors te arriveer, daai bui sal nie lank hou nie.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 4,5,8 Mei. Bespreek by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply